2018 matrieks vaar puik!

04 Jan 2019

Affies se 2018 matriekklas het die skool se trotse akademiese standaard gehandhaaf en puik uitslae behaal in die eindeksamen.

Die 236  kandidate het ‘n slaagsyfer van 99,6% behaal met ‘n totaal van 388 vakonderskeidings.
Boonop het 90.6% van die matrikulante universiteitstoelating behaal.

Die gemiddelde persentasie per kandidaat (alle kandidate, alle vakke) was 68%.

Stephan Geyser (hooffoto) het nie minder nie as nege vakonderskeidings behaal.

Vyf seuns (foto’s hieronder) het elk agt onderskeidings ingepalm, naamlik Ruan Botha, Human du Plessis, Rikard du Plessis, Reinhardt Güldenpfennig en Christoph van Eetveldt.

Gerhardt Breytenbach, Harry Cassidy, Stefan Klopper, Johan Koen,  Christiaan Maree, Ruan Rautenbach en Johannes van der Merwe het elk sewe vakonderskeidings behaal. 

Elf seuns het elk ses vakonderkeidings losgeslaan.  Hulle is Chris Bruyns,  Charles-Peter Cilliers,   Liam Coetzee,  Liam Cronjé, Armand du Plessis, Franco du Toit, Christiaan Naudé, André Snyman, Dewald Strydom. Divan Tolken en Bryce van de Kraats.

 Baie geluk aan die klas van 2018!

TERUG NA BO