Affies in Provinsiale spanne

05 Jun 2018

Nie minder nie as sewe-en-dertig Affies is ingesluit in die onderskeie provinsiale hokkie- en rugbyspanne.

Ses-en-twintig Affies sal gedurende die Julie-vakansie die Blou Bulle op die rugbyveld verteeenwoordig.

Die Cravenweekspan bevat ses Affies, naamlik Dewald Donald, Janco Uys, Sarel Joubert, Christiaan Kamffer, Regardt Roets en Dian Nordier.

Vier Affies is ingesluit in die Cravenweek XV-tal.  Hulle is Adolf Visser, George Oosthuizen, Stephin Alberts en Dieter Crafford.

Jacques-Louis du Toit, Steyn van der Spuy en Zhander Schmidt se name verskyn in die span vir die Akademieweek.

Wat die onder 16-span vir die Grant Khomoweek betref, is daar drie Affies.  Hulle is Reinhardt Ludwig, Willie Potgieter en Bjorn van Wyk.

Keagan Potgieter, Tiaan van Zyl, Andras Oelofsen, Kyle Liebenberg, Beorn Graham en Jahno Bester is ingesluit in die onder 16B-span, terwyl Ruben Barkhuizen, Johan du Toit, Dienoldt Snyders en Nico Muller in die onder 16C-span opgeneem is.

Wat Noord-Gauteng se hokkiespanne betref het dit met Affies net so goed gegeaan. Elf seuns sal Noord-Gauteng verteenwoordig:

Onder 14A: Juan Schoeman en Diaan Theron
Onder 14B: Kieron du Plessis en Jaensch Kritzinger
Onder 16B: Dirk van Niekerk en Henco Badenhorst
Onder 18A: Estiaan Matthee, Herco Roesch en Hanco Coetzee
Onder 18B: Wihan Engelbrecht en Christoff van Niekerk.

Baie geluk aan bogenoemde seuns.

TERUG NA BO