Afrikaans
Volgens die Nasionale Kurrikulumverklaring is die mikpunt vir taalonderrig in Afrikaans die volgende: Taal is ‘n instrument vir denke en kommunikasie. Deur taal word kulturele diversiteit en sosiale betrekkinge gekonstrueer en uitgedruk. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om te dink en kennis te verwerf, hulle kreatiewe vermoëns en identiteit, asook gevoelens en idees uit te druk, in interaksie te tree met ander om hul leefwêrelde te bestuur.
Die leerder se huistaal moet versterk en ontwikkel word om sodoende die grondslag vir die aanleer van addisionele tale te vorm. Die kognitiewe vlak van huistaal is sodanig dat vir vir onderrig en leer gebruik word. Luister-en praatvaardighede word verder ontwikkel en verfyn, maar klem word veral op leerlinge se skryf-en leesvaardigehde geplaas.
Die volgende leeruitkomste is taalvaardighede wat deur die leerling se hoërskooljare ontwikkel word: luister, praat, lees en kyk, skryf, redenasie en denke, taalstrukture en die gebruik daarvan.
KURRIKULUM
GRAAD 8 – 9
In die fase leer leerders om onafhanklik te dink en te debatteer oor aktuele sake. Leerlinge lees en skryf tekste wat progressief moeiliker word oor die volgende twee jaar. Daar word ook gepoog om leerlinge se studievaardighede uit te brei en te ontwikkel sodat dié belangrike lewensvaardigheid hulle in verdere studie en ander vakgebiede kan help. Hulle leer leestegnieke, om hul leessspoed te verbeter, om hoofgedagtes in tekste te identifiseer, hoe om bronne byvoorbeeld woordeboeke en die internet te gebruik, en hoe om tekste kritiese te benader en informasie daaruit te kry. Die leerplan kyk na die taalstukture en die benutting daarvan. Leerlinge behandel ook verhale, kortverhale, dramas en gedigte soos deur die graadkoördineerder bepaal word.
Graad 10 – 12
Die volgende doelwitte word gestel:
- Verbreed en verdiep taalbevoegdhede wat alreeds in die UGO-band ontwikkel is.
- Gebruik taal gepas in lewensgetroue kontekste met inagneming van die teikengroep.
- Gebruik taal met vertroue om eie idees , sienings en emosies uit te druk.
- Gebruik taal en verbeelding om menslike ervarings uit te beeld en te verken.
- Gebruik taal om inligting te verkry en te bestuur.
- Gebruik taal as instrument vir kritiese en kreatiewe denke.
- Druk beredeneerde opinies oor etiese kwessies en waardes uit.
- Werk krities met ‘n wye verskeidenheid tekste.
- Herken die ongelyke status van verskillende tale en taalvariëteite.
| Voorgeskrewe werke: | ||
| Graad 10 | Roman: | Skilpoppe – Barrie Hough |
| Drama: | Die Fynproewer – AS van Straten | |
| Digkuns: | `n Aantal werke | |
| Film/Kortverhale: | `n Aantal werke | |
| Graad 11 | Drama: | Die Keiser – Bartho Smit |
| Digkuns: | `n Aantal werke | |
| Film/Kortverhale: | `n Aantal werke | |
| Grade 12 | Die nuwe voorgeskrewe werke vir 2008 is nog nie ontvang nie. | |
| Die huidige groep behandel: | ||
| Roman: | Kringe in ‘n bos – Dalene Matthee | |
| Drama: | Die Keiser – Bartho Smit | |
| Kortverhale: | Versameling uit Verlore paradyse. | |
| Digkuns: | `n Aantal werke | |



















