Besigheidstudies
Inleiding
Besigheidstudies het ‘n wye spektrum van besigheidsvaardighede en die leerders verwerf vaardighede in probleemoplossing, kreatiewe denke, generering van idees, hoe om inheemse kennis te gebruik om probleme op te los en sake geleenthede te identifiseer. Leerders pas kreatiewe denke, breinkaarte en dinkskrums toe om ‘n gebalanseerde leefstyl, profesionele beeld in die sakewêreld te ontwikkel.
Leeruitkomste
Graad 10
- Sake-omgewings
- Sakegeleenthede
- Sakerolle en Sakeplan
- Navorsingmetodes in Sakeomgewing
Graad 11
- Besighede, Mikro-, Mark-, Makro-Sakegeleenthede.
- Sosio-ekonomiese vraagstukke.
- Primêre-, Sekondêre- en Tersiêre ondernemings.
- Entrepreneurskapvaardighede.
- Besigheidsplan.
- Ondernemingsvorme.
- Sake-omgewings.
- Besigheidsprobleme.
- Burgerskap.
- Spandinamika.
Graad 12
- Ondernemingsvorme.
- Bemarking.
- Finansiële funksie.
- Versekering.
- Produksie.
- Algemene bestuur / Administrasie.
Hoe kan Besigheidstudies na skool benut word?
Bewys van die vak se waarde is dat dit op universiteit as vak in die B.Comm studierigting geneem kan word.



















