Ekonomie
Inleiding
Ekonomie is ‘n dinamiese en toekomsgerigte vak waar aktuele ekonomiese aangeleenthede soos byvoorbeeld die invloed van inflasie, rentekoerse, wisselkoerse, die goudprys, ensovoorts op ons land se ekonomie en sy mense krities ondersoek en bespreek word.
Sillabusinhoud
Graad 12
Nasionale inkomste, prysvorming, ekonomiese ontwikkeling, internasionale ekonomie, die rol van die staat, arbeidsverhoudinge en strategiese hulpbronne in Suid-Afrika.
Graad 11
Makro-ekonomie: Ekonomiese struktuur van S.A.
Markstrukture: Pryselastisiteit, Inkomste en koste.
Ekonomiese strewes: Geld en Bankwese, Strategieë vir Ekonomiese Ontwikkeling.
Ekonomiese Vraagstukke: Armoede en Globalisering.
Graad 10
Makro-ekonomie: Wat is ekonomie?, basiese ekonomiese problem, deelnemer market, reels en meriete ekonomie.
Mikro-ekonomie: Dinamika van markte, produksie moonlikhieds kursus, openbare sektor.
Ekonomiese strewes: Stadiums van ekonomiese ontwikkeling, historiese konteks, S.A se bevolking en arbeidsmag.
Kontemporêre ekonomiese keuses: Werkloosheid, arbeidsverhoudinge en regstellende aksies.



















