Lewenswetenskap

Lewenswetenskap (die ou vak Biologie) is ‘n opwindende en dinamiese wetenskap wat elke aspek van ons lewens raak: van ons gesondheid en gedragspatrone, tot die uitdagende omgewings en etiese kwessies waarmee ons gekonfronteer word.

Die vak word in grade 8 en 9 aangebied as Natuurwetenskap, maar vanaf graad 10 is dit Lewenswetenskap.

Die vak handel oor die wetenskap van die lewe –vandaar die naam lewenswetenskap. Aan die einde van ‘n leerder se hoërskoolloopbaan sal hy die volgende doen / hê / weet:

  • Ontwerp ‘n eksperiment
  • Begrip en kennis van die selteorie
  • Kennis en begrip van die evolusieteorie
  • Die rol van genetiese inligting
  • Klassifikasie van organismes in ryke
  • Vergelyking van lewensprosesse
  • Homeostase
  • Vloei van energie en materie
  • Ekologiese beginsels en prosesse
  • Kennis van die werking van my liggaam