Wiskunde
Vanaf 2006, met die infasering van VOO, word alle leerders verplig om tot Graad 12 ‘n vorm van Wiskunde te neem. ‘n Leerder neem dus of Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid vanaf Graad 10.
Die Wiskunde kurrikulum is ‘n samestelling van die vorige HG – en SG- sillabusse, met ‘n paar veranderings. Finansiële Wiskunde en statistiek is nou ingesluit – afdelings wat baie nuttig te pas kom vir leerders wat in daardie rigtings op universiteit gaan studeer. Daar is ook afdelings in die ou sillabus wat weggelaat is.
Wiskunde Geletterdheid is ‘n baie praktiese vak wat leerders in staat stel om allerdaagse probleme waar rekenkunde ter sprake is, op te los.



















