Koor

‘Sing om mense se harte aan te raak’

Kom deel in die ryk Affie-koor geskiedenis!
Die koor van die Afrikaanse Hoër Seunskool, beter bekend as die Affie-koor, bestaan uit ongeveer 95 seuns tussen 13 en 18 jaar.

Vandat die permanente koor 17 jaar gelede gestig is, het hy homself as een van die beste hoërskoolkore in die land bewys. Die koor het al talle toekennings plaaslik sowel as op internasionale vlak ontvang en dring in 2009 vir die 13de keer na die finale ronde van die ATKV Applous Nasionale Kompetisie deur.

Die koor het al verskeie binnelandse en buitelandse toere onderneem, en het lande insluitend Duitsland, Nederland, Frankryk, Hongarye, België, Engeland, Oostenryk en die Tseggiese Republiek op toere in 1996, 2000, 2004 en 2008 besoek.

Die koor was ook uitgenooi om deel te wees van die 85ste verjaarsdagvieringe van oud-president Nelson Mandela en tree in 2009 op uitnodiging by die Drakensbergse Seunskoor se feesnaweek op.

Prestasies

ATKV Applous
Cum Laude-toekenning (90-100%): 1996, 1998, 1999, 2001, 2002, 2003, 2005, 2006, 2007, 2008, 2009
Algehele wenner saam met AHMP in 2002

Musica Mundi Węreldkoorspele
2004 – Bremen, Duitsland: Goue medalje en wenner van Jong Mannekoorafdeling
2008 – Graz, Oostenryk: 2 Goue medaljes in Jong Mannekoor-afdeling en Populęre Koormusiek-afdeling

Pretoria Beeld Eisteddfod
A++ (in kort sowel as lang program): 2002, 2003, 2004, 2005, 2007, 2008, 2009
Algehele Wenner: 2002, 2009

Noord-Gauteng Internasionale Kinder- en Jeugkoorkompetisies
Cum Laude, Wenner: Jeugkoor Manne

Gauteng-Noord Kooreisteddfod
Cum Laude – 1996, 1997, 1998, 1999, 2001



Hannelize du Plessis – Dirigent

Die Affie-koor staan sedert 1996 onder die leiding van Hannelize du Plessis met Gisela Scriba as begeleier. Hannelize is ook dirigent van die kore van Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria, en Laerskool Lynnwood. Sy het meesterklasse by die Sweedse koormeester Eric Erikson ontvang en het al talle internasionale koorsimposiums bygewoon. Hannelize is dosent by die Suid-Afrikaanse Koorleidingakademie en het al op talle geleenthede meesterklasse aangebied en as beoodelaar by koorkompetisies opgetree.