Atletiek

Beste rekord van alle skole in Pretoria en Noord-Vaal gebied.

Wenners van PUK se Interskole reeks ( 2005,2006,2007,2008 en 2009 )

Die Interhoër B-span wen die NWU PUK 5-reeks en die Engelse B-Interhoër.

Wenners van Engelse Interhoër in 2006 en 2007.

Wenners van die Top 10 ( Naboomspruit ) en Top 12 ( Pilditch ) in 2009.

Algehele wenners van die Uitsig aflosbyeenkoms (2008 en 2009).

Lehann Fourie en Pieter Botha verteenwoordig Suid-Afrika op die atletiekbaan in 2005. Lehann het in 2009 Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe in Berlyn in die 110m hekkies verteenwoordig.

Jacques de Swardt ( 400m ) en Werner Pretorius ( 110mH ) verteenwoordig Suid-Afrika by die World Youth Championships in Italië.

Affie-atlete verower in 2009 nie minder nie as 2 goue- , 2 silwer- en 2 bronsmedaljes op die Suid- Afrikaanse Junior kampioenskappe.

Hulle is:

- Jacques de Swardt 0/17 (goud in die 400m en silwer in die 800m) ;

- Johan Kotze 0/15 (silwer in die spiesgooi);

- Constant Pretorius 0/15 (goud in die 300mH en brons in die verspring) en

- Johan Rautenbach 0/17 (brons in die gewigstoot).