Hokkie
Afrikaans Hoër Seunskool het in September 2007 amptelik hulle Astro Hokkiebaan in gebruik geneem.
Daar is tans ongeveer 200 seuns wat hokkie speel by Affies. Daar word in drie plaaslike liga’s gespeel. Affies speel ook jaarliks teen skole soos Grey-kollege, Maritzburg College, Glenwood, Michaelhouse, Pretoria Boys’ High School en St Alban’s. Altesaam is daar jaarliks ongeveer 158 hokkiewedstryde wat gespeel word teen ‘n gemiddeld van 16 wedstryde per span.
Ons mini-astro huisves jaarliks die interne Somerliga. Een-en-twintig spanne het in 2009 deelgeneem aan hierdie gewilde toernooi.
In April 2008 het ons vir die eerste keer `n toernooi op ons Astro aangebied. Agt spanne het deelgeneem. Hierdie toernooi gaan `n jaarlikse instelling word.
Daar is elke Julie `n toernooi vir laerskole , asook `n afrigtingskursus vir plaaslike skole in Augustus.
Ons bied elke jaar `n afrigtinskursus/spanbou naweek vir die Graad 8 leerlinge aan. Dit dien ook as voorlopige proewe.
Ons besit ons eie hokkiegimnasium waartydens ons hokkiespelers almal ‘n spesiale oefenprogram volg.
Hokkie by Affies is kerngesond en groei steeds.



















