Krieket

Noord-Gauteng ligawenners, 2004 en 2006.

Die laaste ses jaar word Affies as een van die top vyf Krieketskole in die land gereken, volgens die Supersport krieketranglys. In 2001 en 2002 het Affies eerste op die ranglys geëindig.

Meer as 18 spanne kry jaarliks geleentheid om op die krieketveld mee te ding.

Twee spelers in die nasionale span is oud-Affies, nl Jacques Rudolph en AB de Villiers.

Speel krieket drie kwartale van die jaar. Spanne speel meer as 300 wedstryde gedurende die jaar.

Neem deel aan beide die Johannesburg- en Pretoria liga`s.

Kompeteer teen die beste skoolspanne in die land op verskeie feeste en krieketweke.

Elf moderne krieketnette, waarvan 6 met spreiligte toegerus is.