Affie-Artes wenners

28 Aug 2017

Augustus is tradisioneel Artes-tyd by Affies. So was dit weer vanjaar. Ons het die afgelope vier weke amper elke dag ‘n kompetisie gehad. Vanjaar se Artes saam met AHMP het 2 700 inskrywings opgelewer vergeleke met 2 600 se inskrywings van 2016.

Daar was 176 potte in die Affie-vuur tydens die potjiekoskompetisie, die vierkant is van hoek tot kant beskilder deur 134 spanne sypaadjiekunstenaarspanne, die bakkers het kolwyntjies, sjokoladekoek en “brownies” gebak en die Al Fresco het ‘n drie-gang maal voorgesit.

Die Artes is afgesluit met ‘n spoggerige gala-aand, waar die beste sang-, drama- en instrumentale deelnemers hul talente ten toon kon stel.  Die kategoriewenners het weg gestap met hul Artes-trofees.

Die volledige lys van kategoriewenners kan hieronder afgelaai word.

  • Affie-Artes Kategoriewenners

    artes-2017-kategoriewenners.pdf (17kb)

TERUG NA BO