Affie-krieket maak skoonskip!

25 Okt 2018

Affies se krieketspanne het in die Noord-Gauteng liga’s getoon dat min skole met ons kan kers vashou wat diepte in krieket betref.

Affies se eerstespan het verlede week na hul onbesliste uitslag met Pretoria Boys High hul liga beklink.

Die tweede span het vanmiddag (Donderdag) met Menlopark afgereken en sodoende ook hul liga ingepalm.

Die derde span het alle teenstand voor hulle weggevee en is ook as kampioene gekroon.

Die onder 15A’s het met hul oorwinning oor Pretoria Boys High hul liga gewen, en die onder 14A’s het met hul sege gister oor Pretoria Boys High ook seker gemaak dat hulle ligakampioene is.

Welgedaan spelers en afrigters! Affies kan met reg trots wees op hierdie spanne!

TERUG NA BO