Affie-redenaars blink!

16 Mei 2018

Affies se redenaars het die afgelope naweek weer getoon dat hulle in dié geweste nie hul gelyke het nie!

Nie minder nie as vier seuns het deurgedring na die ATKV se landswye finaal.

In die seniors se voorbereide afdeling het Affie-redenaars eerste, tweede en derde geëindig!  Welgedaan aan Hanno Prinsloo, LT de Jager en Waldo Pienaar.

By die juniors se voorbereide afdeling (addisionele taal) het Katleho Molakeng die afdeling gewen.

Affies is met reg trots op hierdie manne!

 

 

 

TERUG NA BO