Affie-toneel eindig derde in SA

08 Okt 2017

Affies se toneelgroep het die afgelope naweek by die ATKV se landswye finaal van Tienertoneel geskitter en derde algeheel geëindig.

Boonop het Affies met ‘n klompie pryse weggestap.

Dylan Lee se skitterspel is beloon met die prys as die mees belowende spel deur ‘n seun.

Brandon Dippenaar is aangewys as die beste beligtingsoperateur.

Affies was ook genomineer vir die volgende pryse:

Beste Klankoperateur: Jan-Daniël Naudé;

Beste Tegniese Aspekte;

Ensemble;

Beste akteur in ondersteunende rol: Reinhard Prinsloo en Kyle Jonker;

Beste Regisseur.

 

Die ATKV se volle berig kan by die volgende skakel gelees word:

 

 

https://www.atkv.org.za/Korporatief/Nuus/ArticleID/14295/ATKV-Tienertoneel-2017-Die-wenners-is

 

TERUG NA BO