Affies in Provinsiale Krieketspanne

18 Okt 2017

Baie geluk aan al die Affies wat ingesluit is in Noord-Gautengspanne vir die onderskeie nasionale krieketweke.

Dirk Herbst en Dihan Bekker is ingesluit in die onder 15-span, terwyl Dian Forrester en Ximus du Plooy in die onder 17-span opgeneem is.

Dian Liebenberg is ingesluit in die onder 17 gekombineerde span.

Herman Rolfes, wat reeds vroeër vanjaar vir die SA onder 19-span in aksie was, is saam met Luan van Strijp ingesluit in die onder 19-span wat aan die Coca-Cola Khaya Majolaweek gaan deelneem.

 

TERUG NA BO