Affies se Gee-week

25 Apr 2018

Dit is nou weer tyd vir ons GEE-WEEK, wat hierdie keer oor twee weke strek.

Met die langnaweek tussenin gee dit u geleentheid om kaste reg te pak en alles wat nie meer pas nie, vir ons te stuur. Dit kan klere en skoene van enige grootte wees. Vanaf Maandag 23 April kan u enige nie-bederfbare kos skool toe stuur: mieliemeel, koekmeel, suiker, koffie, tee, pasta, rys, soppoeier, blikkieskos, langlewe-melk, skoonmaakmiddels, seep, ens. Ou klere, skoene, linne en komberse is baie, baie welkom. Met die winter om die draai, wil ons graag voorkomend optree. Dit kan elke dag voor skool by K33 of by die ontvangskantoor ingehandig word. Dit kan ook in die gemerkte houer op die vierkant geplaas word. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning en oop hart vir gemeenskappe in nood!

Lees asseblief die volgende artikel oor die impak van Affies se 360 Projek:

https://www.netwerk24.com/Nuus/Promosie/organiser-skoolhoof-draai-bankrot-skool-om-20180420

TERUG NA BO