Atlete blink by SA’s

27 Mar 2018

Affies se atlete het die skool se naam hoog gehou by die Suid-Afrikaanse Skole kampioenskap wat verlede naweek in Potchefstroom beslis is.

Vyf medaljes het huistoe gekom, waaronder 3 brons, ‘n silwer en ‘n goud.

Luke Brand was vyfde in die finaal van die 100m vir seuns onder 15 met ‘n puik tyd van 11,17 sekondes.

Carlo Brink was vyfde in die diskus vir seuns onder 15 met ‘n afstand van 54,90 meter.

Luan Munnik het twee bronsmedaljes verower.  Hy was derde in die 800m finaal (1:52) en ook derde in die 1500m finaal (3:52) vir seuns onder 19.

Edmund du Plessis (‘n onder 16 atleet) was tweede in die 1500m finaal vir seuns onder 17 in ‘n puik tyd van 4:01.

Gerdus du Plessis het ‘n bronsmedalje verower in die 400m hekkies vir seuns onder 17 met ‘n skitterende tyd van 51,82 sekondes.

Ruben Els het die kroon gespan op die Affies se vertonings met ‘n wegholoorwinning in die 200m finaal vir seuns onder 19.  Sy tyd was ‘n blitsige 20,50 sekondes!

Baie geluk aan al hierdie atlete en hul afrigters.

TERUG NA BO