Atlete skitter by SA’s

01 Apr 2019

Veertien medaljes! Dit is die ryke oes waarmee Affie-atlete teruggekeer het van Port Elizabeth en Paarl na hul deelname aan die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskap en die Suid-Afrikaanse Jeug- en Juniorkampioenskap.

Gerdus du Plessis, Dian Janse van Vuuren, Edmund du Plessis, Eckhart Potgieter, André Erasmus, Tiaan de Wet en Marx Nel het deelgeneem aan die SA Skolekampioenskap wat van 21 tot 23 Maart in Port Elizabeth plaasgevind het.

Al hierdie atlete het deurgedring na die eindrondes van hul onderskeie items!  Gerdus wen ‘n goue medalje in die 400 meter hekkies, Edmund du Plessis (foto hierbo) wys hakskene vir sy opponente in die 800 meter, Dian behaal ‘n silwermedalje in die 110 meter hekkies, en Eckhart ‘n bronsmedalje in die 100m.

Marx, Eckhart, Edmund en André wen boonop goud in die aflosse!

By die Suid-Afrikaanse Jeug- en Junior Kampioenskap wat van 28 tot 30 Maart in die Paarl plaasgevind het, het dit net so voorspoedig gegaan.  Edmund wen goud in die 800 meter,  Gerdus ‘n silwer in die 400 meter hekkies, Eckhart ‘n silwermedalje in die 100 meter, en André ‘n bronsmedalje in die 400 meter hekkies.

Eckhart en Edmund wen ook goue medaljes in hul onderskeie aflosse.

Eckhart is ook ingesluit in  die Suid-Afrikaanse oefengroep waaruit ‘n span gekies gaan word om die einde van April in die Ivoorkus aan die Afrika Jeugbyeenkoms deel te neem.

Baie geluk aan elke atleet en die afrigters!

 

 

 

 

TERUG NA BO