Atlete wen “Engelse” Interhoër

17 Sep 2018

Affies se atlete het die nuwe seisoen op ‘n hoë noot begin deur koning te kraai by die sogenaamde “Engelse” Interhoër, wat Saterdag deur Pretoria Boys High aangebied is. 

Wat dié prestasie soveel meer merkwaardig maak, is dat die B-span ook hul afdeling op ‘n drafstap gewen het.

‘n Volledige verslag kan hieronder afgelaai word.

(Foto: Wim Pretorius)

  • Atlete wen “Engelse” Interhoër

    Atletiek-Eng-Inter-verslag.pdf (347kb)

TERUG NA BO