Atletiekspan wen aflosbyeenkoms

07 Feb 2018
WEB-11

Affies se atletiekspan het gister daarin geslaag om die seunsafdeling van die Uitsig aflosbyeenkoms in te palm.

Affies het 36 punte ingesamel, met Tuks Sportskool tweede op 29.  Garsfontein was derde met 24 en Monument vierde met 21 punte.

Die atletiekspan neem eerskomende Vrydag deel aan die Florida Prestige byeenkoms op die baan van die Universiteit van Johannesburg.

TERUG NA BO