Debat

Geskiedenis

Die skool se Debat- en Kultuurvereniging is op 21 Julie 1920 gestig. Kort daarna is die eerste interskooldebat teen die Nederlandse skool gehou. Die debatsproposisie was: “Wie doen die meeste vir sy land: die onderwyser of die krygsman?”

Geleentheid tot deelname

Die skool skryf jaarliks sewe junior debatspanne (drie lede per span) en sewe senior spanne (twee lede per span) vir die Nasionale Debatskompetisie van die ATKV in. Sedert 2016 neem die skool ook aan die Dink-of-Sinkkompetisie deel. Voornemende debatteerders word uitgenooi om hul slag tydens die interne debatskompetisies te wys, voordat die ATKV-spanne saamgestel word.

Prestasierekord

Affies het ‘n lang verbintenis met Nasionale Debatskompetisie en het die eerste keer in 1973 as wenners uit die stryd getree. Sedertdien het die skool hom gevestig as een van die land se voorste debatskole.

Seniors: In die agt jaar tussen 2009 en 2016 het 20 senior Affie-spanne na die finaal deurgedring waar vyf eerste plekke behaal is en die prys vir die beste taalgebruiker vier keer aan AHS toegeken is.

Juniors: In die agt jaar tussen 2009 en 2016 het 11  junior Affie-spanne na die finaal deurgedring waar twee eerste plekke behaal is en die prys vir die beste taalgebruiker twee keer aan AHS toegeken is.

In 2017 tree Affies tot Afriforum se Dink-of-Sink-kompetisie toe en behaal met sy senior span ‘n derde plek in die landswye finaal.

Navrae

Dirk Taljard (dirk.taljard@affies.co.za) of 082 770 4290

JONGSTE NUUS

Affies blink uit by ATKV

21 Aug 2018

Die Afrikaanse Hoër Seunskool het vanjaar met die titel as die nasionale junior wenners én naaswenners in die ATKV se debatskompetisie weggestap. Die kompetisie is op Saterdag 18 Augustus op Buffelspoort gehou. Dit beteken dat Affies vanjaar die tiende opeenvolgende jaar met minstens twee nasionale debattitels in hierdie kompetisie kan spog, wat andermaal bevestig dat…

TERUG NA BO