Redenaars

20140816_111811_HDR

Geskiedenis

Die skool se Debat- en Kultuurvereniging is op 21 Julie 1920 gestig. Vanaf 1931 het die skool ook ingeskakel by ’n redenaarskompetisie wat vir die Pretoriaskole gereël is.

Geleentheid tot deelname

Alle leerlinge kan vir Affi es se interne redenaarskompetisie (Afrikaans en Engels) en die Affie-Artes inskryf. Die drie seuns wat intern die beste vaar, vorm die groep wat die skool in die Nasionale Redenaarskompetisie van die ATKV, die Van Huyssteens Redenaarsfees en Radikale Redenaarsfees in Pretoria verteenwoordig. Laasgenoemde twee redenaarsfeeste gee aan individue en aan groepe in Afrikaans en Engels ‘n geleentheid tot deelname.

Prestasierekord

2017: Vyf Affie-spanne het vanjaar na die finaal van die Van Huyssteens Oratorsfees deurgedring – vier daarvan in die Engelse afdeling. Elf sprekers dring na die halfeindronde van die ATKV-kompetisie aan die einde van Mei deur. Die graad tien Engelse span het as wenners uit die stryd getree.

2016: Graad 9- en 10-spanne wen die Van Huyssteens Redenaarskompetisie se Afrikaanse spanafdeling. In die ATKVkompetisie dring vier juniors en vier seniors na die halfeindronde deur. Drie sprekers dring na die fi nale ronde deur, waar twee onder die top tien eindig.  •  By die Radikale Redenaarsfees het die graad 8-span die Afrikaanse spanafdeling gewen. Twee graad 9-spanne eindig in die eerste en tweede plek.

2015: Graad 9’s en graad 11’s wen die Van Huyssteens Redenaarskompetisie se Afrikaanse spanafdeling.  •  In die ATKV-kompetisie word in die junior sowel as die senior afdeling podiumplekke in die fi naal behaal.

2014: Graad 10- en 11-spanne dring deur na die fi nale ronde van die Engelse afdeling van die Van Huyssteens Redenaarskompetisie. Graad 12-span as die beste Engelse span by die Van Huyssteens Redenaarskompetisie aangewys. Drie sprekers dring na die halfeindronde van die ATKV-kompetisie deur.

2013: Vier sprekers dring na die halfeindronde van die ATKV-kompetisie deur. Graad 11-span wen die Engelse afdeling van die Van Huyssteens Redenaarskompetisie

Navrae

Afrikaanse redenaars: Nélia van Zyl:  nelia.vanzyl@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)  Engelse redenaars: Yvonne Bredell:  yvonne.bredell@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

PERSONEEL

Me A.S. Jacobs

Onderwyser
Vakke: Afrikaans
Sport: Hokkie
Kulturele aktiwiteite: Redenaars

Me Y.D. Bredell

Departementshoof
Vakke: Engels
Sport: Tafeltennis
Kulturele aktiwiteite: Redenaars

Me A. Brits

Onderwyser
Vakke: Afrikaans
Sport: Skaak
Kulturele aktiwiteite: Redenaars

Me N.I. Lombaard

Onderwyser
Vakke: Engels
Kulturele aktiwiteite: Redenaars

Me J.M. Malan

Onderwyser
Vakke: Afrikaans
Kulturele aktiwiteite: Redenaars

Me L. van Jaarsveld

Onderwyser
Vakke: Sosiale wetenskap & Geografie
Sport: Tennis
Kulturele aktiwiteite: Redenaars

Me R. van Niekerk

Onderwyser
Vakke: Duits & Afrikaans
Kulturele aktiwiteite: Redenaars
TERUG NA BO