Toneel

B-0002 Dok-dok Toneel

Geskiedenis

Die Afrikaanse Hoërskool (tot aan die einde van 1929 ’n gemengde skool) het vir die eerste keer in 1921 ‘n toneelstuk, Afrikaner-harte, opgevoer. In 1923 is ‘n komedie, Piet se Tante, op die planke gebring.

Geleentheid tot deelname
Alle leerlinge het die geleentheid om oudisies af te lê. Ongeveer 20 tot 30 seuns word jaarliks by die toneel betrek. Damesrolle word deur meisies van ons susterskool gespeel. Belangstellendes wat nie as spelers aangewend word nie, kan gekeur word om by die tegniese span (klank, beligting en dekor) in te skakel.

DSC_7135

Werkskampe
Groepsgees word gebou deur die toneelgroep op werkskampe te neem. Kampe word op die skoolplaas in die Elandsriviervallei naby Watervalboven of by Warthogg Inn naby Brits aangebied.

Prestasierekord
Die volgende prestasies is die afgelope paar jaar behaal:

• ATKV Provinsiale finaal: 2009 en 2010
• ATKV Landswye finaal (Aardklop): 2008
• Wen Tshwane-toneelfees: 2009, 2010 en 2011
• Toekennings vir beste akteur, beste byspeler, beste regie by die Tshwane-Toneelfees in 2009 en 2011
• Toekennings vir beste akteur, beste aktrise, beste speler in kameerol en Brümilda van Rensburg-prys vir belowendste speler by die Tshwane-Toneelfees in 2010
• Goue penning vir beste byspeler by die ATKV-finaal te Aardklop in 2008
• Beste byspeler by Volksblad-kunstefees in 2009
• In 2013 ontvang die hoofrolspeler, PJ Hanekom, `n goue sertifikaat – gelykstaande aan nasionale kleure.
• ATKV-sertifikate vir spel, regie, beligting, kostumering en grimering, en stel- en beligtingsontwerp van 2009 tot 2014.

Navrae en inligting
Ronel de Beer: ronel.debeer@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

DSC_9564

PERSONEEL

Me R. de Beer

Onderwyser
Vakke: Skeppende kunste
Kulturele aktiwiteite: Toneel

Me H. Schoeman

Departementshoof
Vakke: Geskiedenis
Sport: Hokkie
Kulturele aktiwiteite: Toneel
TERUG NA BO