Debatspanne vaar puik in finaal

16 Aug 2017

Op Saterdag 12 Augustus het vier Affie-debatspanne aan die finaal van die ATKV se Nasionale Debatskompetisie by Goudini Spa deelgeneem. Affies is die enigste skool wat daarin geslaag het om vier spanne in die finaal te kry – ook die enigste skool wat vanjaar twee spanne op die podium gehad het. In die junior afdeling behaal die span van Reuben Coetzer, Ian McDonald en Adriaan van Wyk (foto bo) die tweede plek en in die senior afdeling eindig Francois de Vos en Hannes van der Merwe derde. Dit is die negende agtereenvolgende jaar wat Affies twee of meer spanne op die podium het. Vanjaar het sowat 600 spanne landswyd ingeskryf.

 

 

TERUG NA BO