Gholf se segetog duur voort

14 Aug 2018

Affies se gholfspanne het vanjaar getoon dat  daar min skoolspanne is wat met hulle kan meeding.

Die spanne se vertoning verlede week by Grey High se Links  Festival het dit weer eens bewys.

Daar word twee spanne van ses spelers per skool genooi na hierdie glansryke en gewilde toernooi.  Die seuns was in aksie op die moeilike bane van Humewood Links asook St Francis Links.   Elf van die land se top gholfskole het meegeding.

Affies se A-span het koning gekraai in die toernooi, terwyl die B-span tweede geëindig het.

Chrisjan het die tweede ronde by Humewood gewen met ‘n telling van 70, terwyl Zandré op St Francis die beste telling van 67 aangeteken het.

Boonop het Michael Louw en Peet Lion-Cachet die eerste ronde gewen met ‘n beterbaltelling van 3 onder baansyfer.

 

 

TERUG NA BO