Gholf skitter in SA’s

06 Aug 2018

Affies se eerste gholfspan het vanjaar ‘n rekord daargestel wat moeilik geëwenaar sal word.

Hulle het verlede week die kroon op ‘n skittererende jaar gespan deur tweede te eindig in die spankompetisie by die Suid-Afrikanse Skole gholffinaal op die baan van Devondale buite Stellenbosch.

Dit was ook die vierde agtereenvolgende jaar wat Affies vir hierdie toernooi gekwalifiseer het.

Chrisjan Maas het puik presteer deur individueel in die tweede plek te eindig met ‘n telling van 4 onder baansyfer.

Baie geluk aan hierdie span!

Op die foto verskyn hulle (van links na regs)  Chrisjan Maas, Luhan Bester, Dean Sanders en Francois van der Walt.

 

TERUG NA BO