Henré skitter in swembad

16 Apr 2019

Henré Louw het die afgelope week aan die SA Senior swemkampioenskap deelgeneem in Durban.

Hy behaal ‘n uitsonderlike prestasie deur ‘n silwermedalje in die mansafdeling te verower in die 1 500m vryslag.. Hy wen ook die die goue medalje in die Elite Jeugafdeling (21 en onder) vir dieselfde item. Wat die prestasie egter verder uitsonderlik maak, is dat hy kwalifiseer vir die Junior Wêreldkampioenskap met ‘n tyd van 15:49,32 (die kwalifiserende tyd is 16:11,81) wat later vanjaar in Budapest sal plaasvind.

Hy swem ook in die 400m vryslag ‘n kwalifiserende tyd vir die Junior Wêreldkampioenskap met ‘n tyd van 4:03,30 (die kwalifiserende tyd is 4:05,53) en eindig agste in die mansfinaal en vierde in die Elite Jeugafdeling

Baie geluk Henré, Affies is met reg trots op jou! .

TERUG NA BO