Herman in SA span

18 Mei 2017

Baie geluk aan Herman Rolfes wat ingesluit is in die Suid-Afrikaanse onder 19 krieketspan.

Hierdie span meet eersdaags kragte met die huidige wêreldkampioen, die Wes-Indiese Eilande, in ‘n eendagreeks.

Herman is verlede Saterdagaand by die Krieket Suid-Afrika bekroningsgeleentheid aangewys as die beste speler tydens die Momentum onder 17 krieketweek.

Baie geluk Herman!

TERUG NA BO