Koor skitter op wêreldverhoog

17 Jul 2018

Die Affiekoor was die afgelope vakansie die naaswenners van die kategorie vir jongmannekore by die Wêreldkoorspele en het ‘n goue medalje huis toe gebring. Baie geluk aan die Rooidasse, mnr. AJ Maree (dirigent) en me. Gisela Scriba (begeleier). Hul sterkste opponent was die Guangdong-koor uit Sjina. Die koor van Paul Roos Gimnasium het die derde plek behaal. Drie ander Suid-Afrikaanse jongmannekore het ook deelgeneem: St Alban’s, St. David’s en Jeugland.

Met kore van meer as 60 lande wat deelgeneem het aan die koorspele, het Suid-Afrika skoonskip gemaak en 76 medaljes ingepalm. China (25) en Rusland (17) was tweede en derde

TERUG NA BO