Koshuis kraai koning

15 Jan 2019

Affies se atlete is gereed vir die groot eise wat dié seisoen op hulle wag!

Die jaarlikse interhuisbyeenkoms het gister (Maandag) plaasgevind en talle mooi prestasies opgelewer.

Die Koshuis het weer eens as die wenspan uit die stryd getree.

Hul dirigentegroep is ook as die beste groep aangewys, en die Swart Dood het ook die geesbeker ingepalm.

Albert Viljoen van die Koedoes is as die beste dirigent aangewys.

Die individuele pryswenners was soos volg:

Beste naellope: Luke Brand (200m, seuns onder 16);
Beste spronge: Lukas Janse van Rensburg (verspring, seuns onder 14);
Beste middelafstande: Edmund du Plessis (800m seuns onder 17);
Beste hekkies: Van Reenen Kruger (110m hekkies, seuns onder 16)
Beste worpe: Dieter Schubert (diskus, seuns onder 14);
Beste veldatleet (2 items: Dieter Schubert
Beste baanatleet (2 items): Luke Brand
Junior Victor Ludorum (3 items): Dieter Schubert
Senior Victor Ludorum (3 items): Luke Brand.

TERUG NA BO