Krieket puik in Kaap

22 Feb 2018

Affies se krieketspanne het hul stem dik gemaak op die jaarlikse Kaapse kriekettoer.

Die eerstespan het puik gevaar deur onoorwonne terug te keer.  Die spannende gelykopwedstryd teen Wynberg Boys’ High sal lank onthou word.  Hulle het mooi oorwinnings behaal teen Paul Roos Gimnasium en Rondebosch Boys’ High.

Die tweede span het verloor teen Paul Roos, maar onbesliste uitslae afgedwing teen Wynberg en Rondebosch.

Die onder 15A’s het Paul Roos oortuigend geklop en hul wedstryde teen Wynberg en Rondebosch totaal oorheers.  Beide wedstryde het egter onbeslis geëindig aangesien hul telkens een paaltjie moes neem vir oorwinnings.

Die onder 14A’s het Paul Roos en Wynberg geklop, en verloor teen Rondebosch.

Affies se krieketspanne is bevoorreg om teen sulke sterk opponente te staan te kom.

Die volledige uitslae van hierdie en ander wedstryde wat verlede week gespeel is kan hieronder afgelaai word.

  • Krieketuitslae Kaap

    EEERSTE-KWARTAAL-UITSLAE-2018-WEEK-5.pdf (12kb)
TERUG NA BO