Louis is Dux-leerder

19 Okt 2017

Louis Schoonbee is  gisteraand tydens die jaarlikse prysuitdelingsaand aangewys as Affies se dux-leerder vir 2017.
Hy het ook vaktrofeë ingepalm vir Rekeningkunde en Fisiese Wetenskappe.

Ntando Mahlangu het die trofee ontvang vir die hoogste sportprestasie van die jaar.  Hy het uitgeblink in para-atletiek.

Hermann Rolfes aangewys is as die sportman van die jaar na aanleiding van sy insluiting in die Suid-Afrikaanse onder 19 krieketspan.  Hy het ook die Ambassadeurstoekenning ontvang.

Heinrich Bornman is aangewys as die Kultuur Victor Ludorum, en hoofseun Johan van Zyl het die Leierskaptrofee ontvang.

Brendan du Toit het die Alsydigheidstrofee ontvang wat toegeken word aan ‘n matrikulant wat op meer as een gebied uitgestaan het.

Adriaan Lombard is aangewys is as die Ideale Affie.  Dit word toegeken aan ‘n Affie  wat alles selfs sy eie lewe vir sy skool of mede-Affie sal opoffer.  Hy is lojaal, getrou, verantwoordelik, openbaar deursettingsvermoë, onbesproke gedrag, netheid, eerlikheid, innerlike integriteit en ware sportmangees.

 

 

 

 

 

TERUG NA BO