MATRIEKUITSLAE 2017

05 Jan 2018

‘n Hartlike woord van gelukwensing aan die 222 matrieks van 2017, hulle ouers en onderwysers. Die groep het ‘n 100%-slaagsyfer en 89,2% het universiteitstoelating. Hulle behaal saam 446 onderskeidings (Alpha Wiskunde ingesluit), dit wil sê twee per kandidaat. Die groepsgemiddeld (al die matrieks en vakke ingesluit) is 70,4%. Elf kandidate het agt onderskeidings, sewentien het sewe en sewe het ses A’s.

 

Affies se top kandidaat is Nicolas du Plessis. Sy gemiddelde persentasie is 91,6%. Hy het vir al agt sy vakke 90% of hoër behaal.

 

Die ander matrieks wat agt onderskeidings het, is:

 

Luvan Bezuidenhout

Keegan Coetzee

Brendan du Toit

Willie Esterhuizen

Braam Grobler

Gerthardus Marais

Heyneke Meyer

Andre Peyper

Louis Schoonbee

Albert Upton

TERUG NA BO