NUUS

Jaarvergadering van Ouers

18 Sep 2018

Affie-ouers word hiermee herinner aan die skool se algemene jaarvergadering wat plaasvind op 9 Oktober 2018. Die relevante omsendbrief kan hieronder afgelaai word.

LEES MEER

Atlete wen “Engelse” Interhoër

17 Sep 2018

Affies se atlete het die nuwe seisoen op ‘n hoë noot begin deur koning te kraai by die sogenaamde “Engelse” Interhoër, wat Saterdag deur Pretoria Boys High aangebied is.  Wat dié prestasie soveel meer merkwaardig maak, is dat die B-span ook hul afdeling op ‘n drafstap gewen het. ‘n Volledige verslag kan hieronder afgelaai word….

LEES MEER

Affies na SA-kamp

13 Sep 2018

Baie geluk aan die volgende Affies wat genooi is om van 1 tot 6 Oktober SA Rugby se Elite Spelersontwikkelingskamp by te woon in Wellington: O/17: George Oosthuysen O/16: Reinhardt Ludwig, Jacques Marais en Willie Potgieter. ‘n Spesiale geluk aan mnr Jaco Koch wat as afrigter genooi is na hierdie kamp.

LEES MEER

Hoofleiers 2018/19

04 Sep 2018

Baie geluk aan die hoofleiers vir 2018/19 wat verkies is. Leighton Ferreira is aangewys as die hoofseun. Die onder-hoofseuns is Eduard Joynt (Sosiaal & Maatskaplik), Christian Kamffer (Sport),  Janiel Pretorius (Kultuur) en Braham van der Walt (Dissipline).

LEES MEER

Gholfspelers oorheers provinsiale span

03 Sep 2018

Die Noord-Gautengse gholfspan wat in Oktober aan die interprovinsiale toernooi gaan deelneem, is aangekondig.  Nie minder nie as vyf van die agt spanlede is Affies!  Baie geluk aan Chrisjan Maas, Zandré Labuschange, Francois van der Walt, Dean Sanders en Luhan Bester. 

LEES MEER

Sewes vaar goed

03 Sep 2018

Affies se rugbyspanne het die afgelope naweek goed gevaar by die Blou Bulle se provinsiale reeks vir sewesspanne. Die onder 15’s het as wenner uit die stryd getree, en die onder 17’s het derde geëindig. Die volledige uitslae is hieronder beskikbaar.

LEES MEER
TERUG NA BO