Ou skoolfoto – 90 jaar later

06 Feb 2018
Ou_foto

‘n Ou skoolfoto van die destydse Afrikaanse Hoërskool is verlede week, presies 90 jaar later, weer geneem.

Die seuns van die Afrikaanse Hoër Seunskool en die meisies van Afrikaanse Hoër Meisieskool het saam voor Affies se hoofgebou die geskiedkundige foto herhaal.  Wat dié foto so merkwaardig maak, is dat dit geneem is presies 90 jaar, tot op die dag, wat die oorpsronklike foto geneem is.

Die oorspronklike foto is geneem op die dag wat die destydse unievlag vir die eerste keer by die skool gehys is.

 

TERUG NA BO