Oud-Affie bo in Tshwane Ope

05 Mar 2018

Oud-Affie George Coetzee het gister (Sondag) geskiedenis gemaak deur die eerste gholfspeler te word wat daarin kon slaag om die Tshwane Ope gholftoernooi se kroon vir ‘n tweede keer in te palm.

George het gewen met ‘n telling van 266, agtien houe onder baansyfer.  Sy spogspel het vir hom sowat R2,4 miljoen in die sak gebring.

Hierdie was sy vierde oorwinning op die Europese professionele toer.

Maroela Media se berig oor dié sege kan gelees word by die volgende skakel:

https://maroelamedia.co.za/sportnuus/gholf/george-coetzee-maak-geskiedenis-by-die-tshwane-ope/

TERUG NA BO