ATLETIEK

WEB-125

Geskiedenis

Affies het vir die eerste keer in 1926 ‘n atletiekbyeenkoms aangebied. Die skool het sy eerste Springbok, Erick Grimbeek, in 1936 opgelewer.

Geleentheid tot deelname

Die jaarlikse interhuis (saam met die Afrikaanse Hoër Meisieskool) en die Affie-spele bied geleentheid vir alle seuns om atletiek te beoefen. Die skool het ‘n A- en ‘n B-span. Elke span bestaan uit ongeveer 60-70 lede.

Byeenkomste Eerste kwartaal: Affies neem aan ses vriendskaplike byeenkomste (massadeelname) deel. Twee van die byeenkomste word op sintetiese bane aangebied. Daar is `n Top 10-byeenkoms waaraan die top atlete deelneem, asook `n aflosbyeenkoms met die A-, B- en C-spanne. Ons neem deel aan drie interhoër-kompetisies, naamlik Pretoria Interhoër, NWU PUK (A) Interhoër en die NWU PUK Interhoër vir B-spanne.

Derde kwartaal: Affies se atletiekspan neem aan vyf vriendskaplike byeenkomste teen spanne van Engelse seunskole deel. Die kwartaal sluit af met `n interhoër waaraan die A- en B-spanne teen skole soos KES, Pretoria Boys High, Jeppe, Parktown Boys’ High, St John’s, St Stithians, St Albans, St David’s en St Andrews deelneem.

Vierde Kwartaal: Gedurende die vierde kwartaal is daar een massabyeenkoms, naamlik Grey Kollege Clover Prestige byeenkoms. Ons neem ook aan die Top 10-byeenkoms op Naboomspruit, die Top 12 op Pilditch en die Top 30 op Potchefstroom deel.

 

WEB-110

Opponente van die afgelope twee jaar

Grey Kollege, Boys High, Zwartkop, Menlopark, Waterkloof, Garsfontein, Montana, Oos-Moot, Monument, Kemptonpark, E.G. Jansen, Noordheuwel, Nelspruit, KES, Helpmekaar, Jeppe, Parktown, St Benedict’s, St John’s en St Albans en verskeie ander.

 

WEB-83

Prestasierekord

2015 was ‘n uitstekende jaar vir Affie-atletiek. Ons het aan 19 byeenkomste deelgeneem waarvan nege vriendskaplik was. Die Affie-span het uit 140 atlete bestaan. Ons wen die volgende byeenkomste: Top 10 Pilditch,  Uitsig-afl os en die Florida-byeenkoms, aangebied by UJ, NWU B-interhoër, Pretoria A-interhoër, Engelse B-interhoër, Top 10 (Naboomspruit) en Top 30 (Potchefstroom).

In 2016 wen ons Top 10 (Pilditch), Florida-byeenkoms (UJ), NWU B-interhoër, Pretoria A-interhoër en die NWU A-interhoër. Die Engelse Interhoër, Top 10 (Naboomspruit) en Top 30 (Potchefstroom) vind eers aan die einde van die jaar plaas.

In 2017 wen Affies Top 10 (Tukkies), Pretoria A-interhoër en die Hoërskool Uitsig-afl osbyeenkoms. Affi es wen die NWU PUK Interhoër vir A-spanne van 2005 tot 2011 en weer in 2016. In 2012 en 2017 was die span naaswenners. Die A-span was vanaf 2012 tot 2017 die wenners van die Pretoria A-interhoër. Die B-span wen die NWU-PUK B-interhoër vanaf 2009 tot 2016. Die 2017-byeenkoms het uitgereën. Affies is die enigste Afrikaanse skool wat aan die Engelse prestige atletiekbyeenkoms vir seuns deelneem en wen hierdie kompetisie in 2006, 2007, 2010 en 2011 en behaal `n tweede plek in 2012, 2013, 2014, 2015 en 2017 met beide die A- en B-spanne. Ook in die Top 10-, Top 12- en Top 30-byeenkomste en die aflosbyeenkomste het die skool sy segetog van die afgelope paar jaar voortgesit.

In 2018 wen Affies Top 10 (Tukkies), Pretoria A-interhoër, Hoërskool Uitsig-afl osbyeenkoms. NWU-PUK A-interhoër, Engelse Interhoër, Top 12 en die NWU Potch Top 30 Kompetisie. Affies wen die NWU PUK Interhoër vir A-spanne van 2005 tot 2011 en weer in 2016 en 2018. In 2012 en 2017 was die span naaswenners. Die A-span was vanaf 2012 tot 2018 die wenners van die Pretoria A-interhoër. Die B-span wen die NWU-PUK B-interhoër vanaf 2009 tot 2016. Die 2017-byeenkoms het uitgereën. Affies is die enigste Afrikaanse skool wat aan die Engelse prestige atletiekbyeenkoms vir seuns deelneem en wen hierdie kompetisie in 2006, 2007, 2010, 2011en 2018 en behaal `n tweede plek in 2012, 2013, 2014, 2015 en 2017 met beide die A- en B-spanne. Ook in die Top 10-, Top 12- en Top 30-byeenkomste en die aflosbyeenkomste het die skool sy segetog van die afgelope paar jaar voortgesit.

Top atlete

2012

Twaalf atlete verwerf provinsiale kleure

Ses atlete verower medaljes op die SA Junior Kampioenskap (4 goud, 3 silwer en 2 brons)

Twee atlete, Gehard de Beer en Pieter Conradie, verteenwoordig SA by die Wêreld Junior Kampioenskap in Spanje. Gerhard de Beer verower `n brons medalje in skyfwerp

Oud-Affie, Lehann Fourie, verteenwoordig Suid-Afrika by die 2012 Olimpiese Spele, London, in die 200 m hekkies.

2013

Twee atlete verwerf provinsiale kleure.

Een atleet verower `n medalje op die SA Junior Kampioenskap (brons).

Ses atlete neem deel aan die ASA-Kampioenskap, 2 verwerf medaljes (1 goud en 2 brons).

2014

Tien atlete verwerf provinsiale kleure.

Vier atlete verwerf medaljes op die ASA-Kampioenskap (2 goud en 2 brons).

Een atleet neem deel aan die Skole SA Kampioenskap (verwerf goue medalje).

Een atleet gekies vir SA Jeug Atletiekspan wat SA in Gaberone, Botswana, verteenwoordig.

2015

Drie atlete verwerf provinsiale kleure.

Drie atlete neem deel aan die Skole SA Kampioenskap (1 verwerf 2 goue medaljes, 1 verwerf brons).

Oud-Affie Fredriech Pretorius verteenwoordig Suid-Afrika by die 2015 Afrika-spele in tienkamp.

2016

Sewe atlete verwerf provinsiale kleure

Twee atlete neem deel aan die SA Skole Kampioenskap (een atleet verwerf twee goue medaljes).

Sewe atlete neem deel aan die AGN Klub SA Kampioenskap. Drie atlete verwerf vier medaljes: drie silwer en een brons.

2017

Ses atlete verwerf provinsiale kleure.

Vyf atlete neem deel aan die AGN Klub SA Kampioenskap.

Oud-Affie Pieter Conradie word die SA-kampioen in die 400 m.

2018

Edmund du Plessis, Gerdus du Plessis, Ruben Els JOhan Koen, Luan Munnik en Christie le Roux, Ruben Barkhuizen Luke Brand en Carlo Brink,neem deel aan die onderskeie SA kampioenskappe.

 

Navrae/Inligting: Jan Grabie: jan.grabie@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

 

WEB-62

PERSONEEL

Mnr J.J. Bonnema

Onderwyser
Vakke: Tegnologie
Sport: Rugby & Atletiek

Mnr J.J. Deale

Onderwyser
Vakke: Wiskunde
Sport: Rugby & Atletiek

Mnr J.J. Grabie

Onderwyser
Vakke: Wiskunde geletterdheid & Wiskunde
Sport: Rugby & Atletiek

Me G. van Wyk

Onderwyser
Vakke: Engels
Sport: Swem & Atletiek

Me M. Mans

Sportorganiseerder
Sport: Hokkie & Atletiek

Mnr R. Delport

Onderwyser
Vakke: Sosiale wetenskap
Sport: Rugby & Atletiek

Mnr P. Maritz

Onderwyser
Vakke: Lewensoriëntering
Sport: Rugby & Atletiek

Me R. Raath

Onderwyser
Vakke: Geografie
Sport: Landloop & Atletiek
TERUG NA BO