AVONTUURKLUB

IMG_0253

Geskiedenis
Affies se avontuurklub bestaan sedert 2005 in sy huidige vorm.

Geleentheid tot deelname
Die klub verwelkom seuns uit alle grade wat ‘n liefde vir die natuur en avontuur het.

Toere
In 2005 het die klub in Namibië die Oranjerivier met kano’s aangedurf. In 2006 is die groep Zimbabwe toe waar hulle in die omgewing van die Victoriawaterval op die Zambezi geroei het, die Zambezi Nasionale Park verken het en tiervis gevang het. Hulle het ook twee keer die 111 m-reksprong oor die Zambesi gedoen. In 2007 het hulle die Blyde-roete gestap. In 2008 het die klub hulle deel vir natuurbewaring gedoen deur te help om ‘n stuk grond vir die De Wildt Jagluiperdstigting te rehabiliteer deur indringerplante te verwyder en inheemse bome aan te plant. In 2009 is die manne deur die Koue Bokkeveld Weskus toe waar hulle vir vier dae lank die Langebaanstrandmeer en die Weskus Nasionale Park verken het. In 2010 roei die Affies op die Oranjerivier deur die Richtersveld. In 2011 is die bekende Strandloper roete aangedurf. Daar is vir vyf dae lank die volle 60 km voetgeslaan, en snags is daar onder sterre op die strand geslaap. In 2012 stap die klub weer die Blyde-roete. Op soek na groter uitdagings durf die avontuurklub in 2013 die Fanie Botha-staproete in die Laeveld aan. In Oktober 2014 het die avontuurklub die Stamvrug-staproete in die verre Limpopo aangedurf. Die roete het twee dae se harde stap en bergklim behels, maar vir die avontuurklub is dit juis hierdie soort uitdaging wat jou laat voel dat jy leef!

IMG_0235

Navrae
Tekkies Barkhuizen: tekkies.barkhuizen@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

Fotos

PERSONEEL

Mnr. H.M. Barkhuizen

Onderwyser
Vakke: Engels
Sport: Rugby, Krieket & Avontuurklub

Mnr W. van Staden

Onderwyser
Vakke: Ekonomiese en bestuurswetenskappe, Ekonomie & Rekeningkunde
Sport: Krieket, Hokkie & Avontuurklub
TERUG NA BO