GHOLF

DanielHechter (21)

Geskiedenis

Die Afrikaanse Hoër Seunskool speel sedert 1973 op ’n georganiseerde basis gholf.

Geleentheid tot deelname en ontwikkeling

Affies speel regdeur die jaar gholf. Agt spanne word in die ligas ingeskryf. Gedurende die tweede kwartaal word die Affie-kampioenskap aangebied waaraan ongeveer 60 seuns in verskillende afdelings deelneem.

Opponente van die afgelope twee jaar

Maritzburg College, Woodlands College, Grey Kollege, Paul Roos Gimnasium, Grey High School, Michaelhouse, Outeniqua, St Andrew’s College, Hilton College en Pretoria-skole, soos Waterkloof, TUKS Sportskool en Pretoria Boys High, wat in die plaaslike skoleliga speel.

Toernooie en toere

Gedurende die eerste en tweede kwartaal speel die skool in die Voorsitterstrofee-liga, en tydens die tweede en derde kwartaal neem Affi es aan die Gauteng-Noordliga deel. Gedurende die April-vakansie nooi die skool jaarliks die top gholfskole uit om aan die Affie-gholftoernooi wat op vier bane gespeel word, deel te neem. Die skool neem ook jaarliks aan die Grey High School Links Fees, en die Woodlands Junior Meesterskampioenskap, deel. Gholf word ook ingesluit in die derbies teen Grey Kollege, Maritzburg College, Westville Boys High en Pretoria Boys High School.

Benewens genoemde ligas en toernooie bied die skool ook naweekuitstappies vir die gholfspelers aan. Prestasierekord Sedert 2001 het die skool se eerste span sewe keer in die fi naal van die Gauteng Noord-liga gespeel en vier keer as wenners uit die stryd getree. Sewe en veertig spelers het reeds hul provinsiale kleure op skolevlak verwerf. In 2015 behaal die eerste span ‘n derde plek in die SA Skolefi naal. In 2016 wen Affies die Voorsitterstrofeeliga, die Woodlands Junior Meesterskampioenskap, Affies se eie gholftoernooi asook die Gauteng Noordspanuitdaag kompetisie. Die skool verteenwoordig ook Gauteng-Noord by die SA Skole-fi naal vir die tweede agtereenvolgende jaar.

Affi es lewer top gholfspelers op

Sewe oud-Affies het Suid-Afrika al op die gholfbaan verteenwoordig. George Coetzee is tans onder die top spelers in die wêreld en neem aan die Europese toer deel. Verskeie oud-Affi es is beroepspelers wat aan die Sonskyn-reeks deelneem.

Navrae

Cobus Coetzee: cobus.coetzee@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

 

 

Affies se gholfspanne saam met oud-Affie George Coetzee

Affies se gholfspanne saam met oud-Affie George Coetzee

PERSONEEL

Mnr J.L.M. Coetzee

Departementshoof
Vakke: Tegnologie &
Sport: Gholf
TERUG NA BO