HOKKIE

Geskiedenis

Die Afrikaanse Hoër Seunskool bied hokkie sedert 1994 op volskaal as aktiwiteit aan.

Geleentheid tot deelname en ontwikkeling

Affies akkommodeer jaarliks ongeveer 200 spelers in die o/14A – F, o/16A – F en senior spanne 1 – 6. Ons afrigters word bygestaan deur spelers wat tans hokkie op hoë vlak speel. Dit verseker dat Affies se hokkie in voeling bly met nuwe verwikkelinge in die spel.

Fasiliteite

Die skool beskik oor ‘n grasbaan en deel ‘n sintetiese baan met die Afrikaanse Hoër Meisieskool. Affies het ook ‘n nuwe mini-astro in 2017 in gebruik geneem, waarop vaardighede ingeoefen word.

Opponente

Affies se A-spanne neem deel in die Pretoria A-liga teen plaaslike opponente soos Pretoria Boys High, St Alban’s, Waterkloof, Menlopark, Cornwall Hill, Garsfontein, Midstream College en Zwartkop. Affies se B- en C-spanne ding mee in die Pretoria B-liga, terwyl die D- en E- spanne die skool in die D-liga verteenwoordig. Weens die groot getal o/16-spelers, is die F-spanne in die E-liga ingeskryf.

Opponente buite Pretoria sluit Grey Kollege, KES, Jeppe, Maritzburg College, Westville en Paarl Gimnasium in.

Toernooie en toere

In 2012 word Affies `n permanente lid van die Founders Festival. Dit bring mee dat die eerste span, o/16A-span en die o/14A span blootgestel word aan `n kompetisie waaraan die land se 10 voorste hokkieskole deelneem. Die eerste span neem ook jaarliks aan die KES-toernooi in Johannesburg deel. Tydens hierdie toernooie kry Affies die geleentheid om teen opponente soos Hilton College, St Andrews, Paarl Boys, Potchefstroom Boys High, St John’s, St David’s en nog vele ander kragte te meet.

In 2019 sal ons o/19A, o/19B, o/16A, o/16B, o/14A en o/14B spanne die geleentheid kry om te toer. Dit is altyd ‘n wonderlike ervaring om vir die seuns te ontwikkel.

Provinsiale spelers 2018

Voor: Hanco Coetzee, Estiaan Matthee, me. M. Mans (afrigter), Herco Roesch, Wihann Engelbrecht

Tweede ry: Kieron du Plessis, Jaensch Kritzinger

Derde ry: Henco Badenhorst, Christoff van Niekerk, Dian Theron, Juan Schoeman, Dirk van Niekerk

Navrae

Martinette Mans: martinette.mans@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

Neville Rothman: neville.rothman@affies.co.za

 

PERSONEEL

Me S. Booysen

Onderwyser
Vakke: Ekonomie & Besigheidstudies
Sport: Hokkie

Me A.S. Jacobs

Onderwyser
Vakke: Afrikaans
Sport: Hokkie
Kulturele aktiwiteite: Redenaars

Mnr E. de Almeida

Onderwyser
Vakke: Ingenieursgrafika en -ontwerp & Wiskunde
Sport: Krieket & Hokkie

Me M. de Vos

Departementshoof
Vakke: Rekeningkunde
Sport: Hokkie

Mnr J.C. Geertsema

Onderwyser
Vakke: Lewensoriëntering & Engels
Sport: Landloop & Hokkie

Me H. Schoeman

Departementshoof
Vakke: Geskiedenis
Sport: Hokkie
Kulturele aktiwiteite: Toneel

Me E. Swanepoel

Onderwyser
Vakke: Ekonomiese en bestuurswetenskappe
Sport: Hokkie

Me S.P. van der Merwe

Onderwyser
Vakke: Afrikaans
Sport: Hokkie

Mnr W. van Staden

Onderwyser
Vakke: Ekonomiese en bestuurswetenskappe, Ekonomie & Rekeningkunde
Sport: Krieket, Hokkie & Avontuurklub

Me M. Mans

Sportorganiseerder
Sport: Hokkie & Atletiek

Mnr H. Faul

Onderwyser
Vakke: Engels
Sport: Krieket & Hokkie
TERUG NA BO