JUKSKEI

20140825_160857

Geskiedenis

Die simboliese ossewatrek van 1938 om die Groot Trek-eeufees te vier, het ‘n nuwe belangstelling by die Afrikaner in sy kultuurgoedere, waarvan jukskei een was, wakkergemaak. By Affies het die seuns en die personeel ywerig aan vriendskaplike byeenkomste deelgeneem en skole soos Helpmekaar en Hoërskool Rustenburg is die stryd aangesê. Die skool se eerste amptelike jukskeilaer is egter eers in 1941 gestig. In 1943 is die skolekompetisie in ‘n junior en ‘n senior liga verdeel om meer leerlinge die geleentheid tot deelname te gee. In 1944 het jukskei deel van die skool se interhuiskompetisie geword en in 1946 het AHS en AHMP vir die eerste keer ‘n gemengde span saamgestel. Na 1956 het die spel egter aanhang onder die seuns begin verloor en kort daarna van die Affie-toneel verdwyn. In 2008 het die spel weer by die skool herleef.

Geleentheid tot deelname

Alle graad 8’s is welkom om aan die o/14-proewe deel te neem. Die skool het ‘n o/14-, o/16- en ‘n oopspan.

Opponente en toernooie

Plaaslik speel Affies teen talle Pretoria-skole. Die Gauteng Noord Skole-liga vind jaarliks gedurende September plaas. In die eerste week van Desember vind die SA Skoletoernooi in Kroonstad plaas waar die nege provinsies kragte meet.

Fasiliteite

Affi es beskik ook sy eie jukskeibane. In 2012 het Affies 20 ander skole vir die Suid-Afrikaanse Skoletoernooi ontvang.

Prestasierekord

2009: Vier spelers in die provinsiale span, een speler in die nasionale span wat ‘n toets teen Namibië gespeel het

2010: Vier spelers in die provinsiale span

2011: Twee spelers in die provinsiale span. Beide word tot die nasionale span verkies.

2012: Vier spelers in die provinsiale span

2013: Vier spelers in die provinsiale span

2014: Drie spelers in die provinsiale span

2015: Drie spelers in die provinsiale span

2016: Twee spelers in die provinsiale span

 

Navrae

Gerrit Jacobs: gerrit.jacobs@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

PERSONEEL

Mnr C.C. Fouché

Onderwyser
Vakke: Lewensoriëntering & Geskiedenis
Sport: Waterpolo, Rugby & Jukskei

Mnr G.J. Jacobs

Onderwyser
Vakke: Natuurwetenskap
Sport: Rugby, Krieket & Jukskei
TERUG NA BO