Rugby

Een van top rugbyskole in die land (gemeet aan prestasies van 30 spanne en jaarlikse gradering van eerstespan.)

Beste rekord van alle skole in die Noord-Vaal gebied.

Wen Direkteurs/Beeldtrofee meer as enige skool - 18 keer.

Oorheers Noord-Gauteng skolerugby vir dekades. Eerstespan wen die trofee `n rekord 26 keer.

Eerstespan wen Blou Bulle finaal 10 jaar agtereenvolgens (1993 tot 2002) – totaal van 26 keer.

Wen Super 16 meer kere as enige ander skool - 5 maal uit 8 pogings.

Affies het reeds sewe Springbokke, 3 SA A spelers, 15 SA Skole spelers, 15 SA Akademie spelers, 16 SA o/19 spelers, 14 SA 0/20 - o/23 spelers en 245 Cravenweek spelers gelewer.

Affie lewer ook 7 S A Sewes spelers.

Verskeie oud-Affie spelers neem elke aan die Super 14 kompetisie deel.

Elke span speel tussen 10 -25 wedstryde per jaar.

Jaarliks word daar teen top rugbyskole in Suid-Afrika gespeel.

Neem aan volgende toenooie deel.

Eerste span – St John’s Johannesburg

Derde/Vierde span – Vryheid week

o/16 A - Span – Paarl Gimnasium

0/16 C - Span – Linden Toenooi

0/15 A – Span – Francois Swart - Affies

0/14 A – Span – Outeniqua H/S – George

Klik hier vir die geskiedenis en statistiek van Affie-rugby.