SKAAK

WEB_0705

Geskiedenis

Die Affie-skaakklub het in 1935 onder die leiding van mnr. Lubowski (na wie die Lubowski-toernooi vernoem is) tot stand gekom. In die 1938-jaarblad skryf een van die spelers dat “die skaakborde elke pouse beset is en gewoonlik is die speeltyd dan te kort vir die ywerige spelers”. Omdat Affies in 1940 steeds die enigste skool in Pretoria was wat skaak aangebied het, is ‘n wedstryd tussen die skool en die Pretoria Skaakklub gereël.

Geleentheid tot deelname

Benewens Affies se o/15-, o/17- en o/19-skaakspanne het die skool ook ‘n ontwikkelingspan vir beginners. ‘n Onbeperkte aantal seuns word tot laasgenoemde toegelaat. Spanne neem aan die individuele D4- sowel as D4-span en -ontwikkelingsligas deel. Beide individuele- en spanligawedstryde is die eerste stap na Top-skole, provisiale en uiteindelik nasionale deelname.

Opponente van die afgelope twee jaar

In die liga is Affies se gereelde opponente skole soos Eldoraigne, Waterkloof, Menlopark, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Boys High en Sutherland. Buite Pretoria ding die skool ook teen Grey Kollege en ander skole wat spanne vir die nasionale kompetisie oplewer, mee. Die skaakspanne neem ook in interskole teen skole soos Grey Kollege, Maritzburg College en Glenwood deel.

Toernooie en toere

Die Affie-skaakspanne neem ook aan die SA Top Skole Skaaktoernooi en die Gauteng Top Skole-toernooi deel. Jaarliks word daar ook aan die Price Waterhouse Cooper Grey-toernooi te Bloemfontein deelgeneem, waar meer as 35 spanne van reg oor Suid-Afrika vir hul plek op die ranglys meeding. Affies lewer top skaakspelers op Die skool lewer jaarliks spelers op wat in die provinsiale span opgeneem word. In 2011 wen Jacques Stander die SA Junior Ope Toernooi. Saam met Tiaan Coetzee word hy ook gekies om Suid-Afrika by die Wêreldjeugkampioenskap in Griekeland te verteenwoordig. Wian Pretorius, nog ‘n oud-Affie en tans ook junior afrigter by die skool, is reeds vir die afgelope agt jaar deel van die SA-span in sy ouderdomsgroep en ook in hoër ouderdomme. Hy het reeds op 16-jarige ouderdom as arbiter gekwalifiseer.

WEB_0701

Prestasierekord

Vanaf 2004 tot 2010 was die senior Affie-skaakspan die wenners van die Nasionale Kampioenskap.

In 2016 het al die Affie-spanne in die D4-liga deurgedring het na die uitspeelrondtes. Die o/15 A- en o/19-spanne het vir die Gauteng Skole Spankampioenskap gekwalifi seer. Veertien spelers het provinsiale kleure verwerf.

Navrae 

Ella Schoeman: ella.schoeman@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

PERSONEEL

Me A. Brits

Onderwyser
Vakke: Afrikaans
Sport: Skaak
Kulturele aktiwiteite: Redenaars

Me E.P. Hartzenberg

Onderwyser
Vakke: Natuurwetenskap
Sport: Skaak

Me E. Schoeman

Onderwyser
Vakke: Engels
Sport: Skaak
TERUG NA BO