SWEM

WEB-34

 

1931-swemspan Swem is die eerste keer in 1929 as sportsoort by Affies beoefen. In 1932 was die Afrikaanse Hoër Seunskool die eerste skool in Pretoria wat ‘n swembad gebou het.

Geleentheid tot deelname en ontwikkeling

Affies bied ‘n graad 8-gala aan voordat die interhuisspanne gefi naliseer word. Twee swemspanne (ongeveer 25 lede elk) word na afl oop van die interhuis saamgestel wat die skool in die Pretoria A- en B-liga en die Johannesburg A- en B-liga verteenwoordig. In 2017 het Affies se A- en B-span aan 13 galas deelgeneem. In Johannesburg swem die seuns ook in die afl osinterhoër. Gedurende die eerste en vierde kwartaal word daar aan verskeie vriendskaplike galas deelgeneem.

Opponente

Pretoria-liga: Pretoria Boys High, Menlopark, St Albans, Cornwall Hill College, Hatfield Christian School, Oos-Moot, Garsfontein, Montana, Southdowns College, Waterkloof, Midstream College, Woodhill College en Curro Hazeldean.

Johannesburg-liga: Pretoria Boys High, St David’s, St Benedict’s, St Stithians, King Edward School, St John’s, Parktown, Jeppe en CBC Boksburg (Affies is die enigste Afrikaanse skool wat in hierdie liga swem.)

WEB-32

Prestasierekord

Affies het reeds vyf Springbokke (seniors) opgelewer.

In 2014 neem vyf seuns aan die SA Vlak 3 Senior/Jeug Nasionale Kampioenskap deel. Louw Oberholzer behaal `n tweede plek in die 200 m-rugslag en ‘n derde plek in die 200 m-borsslag. BF Burger behaal `n derde plek in die 200 m-vlinderslag.

In 2015 het drie seuns aan die vlak 3-kampioenskap deelgeneem. Louw Oberholzer het ‘n tweede plek in die 200 m-rugslag en twee derde plekke in die 100 m-rugslag en 200 m-wisselslag behaal. Dylan van Heerden en Benjamin van Staden (graad 12 in 2015) het ook baie goed presteer.

In 2016 het die A-swemspan ‘n tweede plek behaal by die Pretoria A-interhoër en ‘n derde plek by die Johannesburg-interhoër. Vyf seuns het aan die vlak 3-kampioenskap deelgeneem.

In 2017 het die A-swemspan ‘n eerste plek behaal by die Pretoria A-interhoër en ‘n tweede plek by die Johannesburg-interhoër. Drie seuns het die fi naal by die SA Junior Nasionale Kampioenskap gehaal.

2017-kompetisies Span Prestasie
Interhoër: Pretoria-liga (A-bond) A Eerste
Interhoër: Pretoria-liga (B-bond) B Vierde
Interhoër: Johannesburg-liga (A-bond) A Tweede
Interhoër: Johannesburg-liga (aflosgala) A en B Eerste

In 2018 het die A-swemspan ‘n eerste plek behaal by die Pretoria A-interhoër en ook ‘n eerste plek by die Johannesburg-interhoër. Drie seuns het die finaal by die SA Junior Nasionale Kampioenskap gehaal.

2018-kompetisies Span Prestasie
Interhoër: Pretoria-liga (A-bond) A Eerste
Interhoër: Pretoria-liga (B-bond) B Vierde
Interhoër: Johannesburg-liga (A-bond) A Eerste
Interhoër: Johannesburg-liga (aflosgala) A en B Vierde

Fasiliteite

Danksy die nuwe verhittingstelsel en die termiese kombers waarmee die swembad gedurende die winter bedek word, kan oefeninge ook in die wintermaande plaasvind. In 2016 is die paviljoene rondom die swembad opgradeer om meer toeskouers te akkommodeer.

 

Navrae

Ferdinand Postma: ferdinand.postma@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

WEB-16

PERSONEEL

Me M. Haasbroek

Departementshoof
Vakke: Fisiese wetenskap
Sport: Swem

Mnr F. Postma

Onderwyser
Vakke: Lewensoriëntering & Engels
Sport: Waterpolo, Swem & Rugby

Me G. van Wyk

Onderwyser
Vakke: Engels
Sport: Swem & Atletiek
TERUG NA BO