TAFELTENNIS

Taf Tennis 1ste C85

Geskiedenis

Tafeltennis word reeds sedert 1960 by Affies aangebied. Sedertdien word daar jaarliks in die tweede kwartaal aan die Gauteng-liga deelgeneem.

Geleentheid tot deelname

Drie Affie-spanne neem in die Gauteng-liga teen skole soos die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Zwartkop, Oos-Moot, Wonderboom, Chinese School, John Vorster, HTS Tuine, Overkruin, Boys High en Gerrit Maritz deel.

Fasiliteite

Die skool se tafeltennislokaal met vyf tafels is op Dinsdag- en Donderdagmiddae tot die seuns se beskikking.

 

Taf Tennis 2+3des C87

 

Prestasierekord

Jaar Span Ligaplasing
2015 1ste span

2de span

3de span

Tweede

Tweede

Eerste

2016 1ste span

2de span

3de span

Tweede

Derde

Eerste

 

Toere

Die tafeltennisspan reis saam met die skool om saam met die ander aktiwiteite aan interskole teen Grey Kollege en Maritzburg College deel te neem.

Navrae

Yvonne Bredell:  yvonne.bredell@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure).

PERSONEEL

Me Y.D. Bredell

Departementshoof
Vakke: Engels
Sport: Tafeltennis
Kulturele aktiwiteite: Redenaars

Me S. Pistorius

Onderwyser
Vakke: Natuurwetenskap & Lewenswetenskap
Sport: Tafeltennis
TERUG NA BO