TENNIS

_WEB2921

Geskiedenis
Die tennisklub van die Afrikaanse Hoërskool, tóé nog ‘n gemengde skool, is op 4 Mei 1920 gestig. Affies was later ook die eerste Afrikaanse skool wat in die Johannesburg-liga gespeel het.

Geleentheid tot deelname en ontwikkeling
Die skool skryf jaarliks verskeie senior spanne en junior spanne in die liga in. Alle spelers ontvang ten minste twee keer per week gratis professionele afrigting.

Toernooie en toere
Affies ding jaarliks teen die land se sterkste tennisskole by die volgende toernooie mee: Kearsney, Paul Roos, Grey Kollege en Nelspruit. Die skool speel ook in die Pretoria- en Johannesburg-liga. In Junie 2012 onderneem ‘n groep spelers ‘n toer na Engeland en Skotland.

Prestasierekord

Affi es presteer jaarliks uitstekend in die ligas, veral indien in ag geneem word dat talle spanne in hoër ligas ingeskryf word om soveel as moontlik seuns die geleentheid tot deelname te gee.

Affies lewer top tennisspelers op

Ryno Seegers het in 1975 die skool se eerste oud-leerling geword wat Springbokkleure verwerf het. Na hom het Deon Joubert, Johan Kriek en Danie Visser gevolg.

In 2011 word nege Affies in die provinsiale span opgeneem en twee in die SA Skolespan.

In 2012 speel Ruben Alberts in die Afrika-beker, een van slegs twee spelers in die land. Zahndré de Kock word as nommer 1-speler in Suid-Afrika se o/17-span opgeneem wat teen ‘n Skotse junior span gespeel het.

In 2014 word Ruben Alberts uitgenooi om saam met die Davisbekerspan te oefen en Cornelius Rall word vir die SA Skolespan gekies. Affies se eerste span wen die Grey Toernooi, asook die Kearsney Toernooi.

In 2015 haal André Snyman en Anant Bhika die provinsiale span en Christiaan Worst die nasionale span.

In 2016 speel André Snyman, Willie Esterhuizen, Andrew Makkink en Anant Bhika vir die provinsiale spanne en Christiaan Worst vir die SA Skolespan – ‘n prestasie wat hy ook in 2017 behaal.

WEB-8

 

Navrae
David Jaquire: david.jaquire@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure) of 083 415 3091

WEB-27

PERSONEEL

Mnr D.C. Jaquire

Onderwyser
Vakke: Wiskunde geletterdheid & Wiskunde
Sport: Tennis

Me L. van Jaarsveld

Onderwyser
Vakke: Sosiale wetenskap & Geografie
Sport: Tennis
Kulturele aktiwiteite: Redenaars
TERUG NA BO