WATERPOLO

untitled-96

Geskiedenis
Die Afrikaanse Hoër Seunskool bied sedert 1954 waterpolo as sportsoort aan. Die eerste wedstryd is teen Pretoria Boys High gespeel.

Geleentheid tot deelname en ontwikkeling
Waterpolo word in die eerste en die vierde kwartaal gespeel. Die skool het tans tien spanne: 0/14A, B, en C. 0/15A en B, 0/16A en B, derde, tweede en eerste span. Met 13 spelers per span gee dit 117 seuns geleetheid om deel te neem. Voornemende Affies is welkom om reeds aan die einde van hul graad 7-jaar in November by oefeninge in te skakel.

Fasiliteite
Danksy die verhittingstelsel en die termiese kombers waarmee die swembad gedurende die winter bedek word, kan oefeninge ook in die wintermaande plaasvind. In 2014 is die paviljoene rondom die swembad opgradeer om meer toeskouers te akkommodeer.

Opponente
Jeppe, Pretoria Boys High, St Stithians, KES, Parktown, St Albans, Crawford College, St. John`s, Clifton, Wynberg en Grey Kollege. Affie-waterpolo skakel ook by die Woensdagaand-liga vir senior klubs soos Tuks, Pretoria Old Boys, Coelacanths en Northern Crocs in.

untitled-186

Toernooie en toere
Die eerste span speel jaarliks in die Grey Kollege-toernooi in Bloemfontein, die PBHS Festival, en die Clifton-toernooi. Die o/16`s neem jaarliks aan die DHS-toernooi in Durban deel. Die o/15’s neem aan die Indigo-toernooi by Parktown Boys High en die Ian Melliar Cup by Wynberg Boys High in Kaapstad deel. Die o/14’s speel in die Ken Short Shield te Jeppe Boys High, en die Grey Kollege- toernooi in Bloemfontein. In 2013 het die senior spelers ‘n baie suksesvolle toer na Hongarye, Oostenryk en Slovakië onderneem.

Affies lewer top waterpolospelers op
Die skool het reeds sewe senior spelers opgelewer wat Springbokkleure verwerf het.
In 2012 word Albert Pretorius in die oefengroep opgeneem waaruit Suid-Afrika se span vir die Fina Wêreld Jeug Junior Manskampioenskap in Australië gekies word. In 2013 verteenwoordig hy die NTS senior span by die SA Kampioenskap in P.E.
In 2013 word Nardus Badenhorst gekies om die SA seniorspan te verteenwoordig by die Wêreld Kampioenskap in Barcelona, Spanje. In 2014 verteenwoordig hy Suid-Afrika by die Statebondspele in Skotland.

Prestasierekord
2012 Elf Affie-spelers van verskeie ouderdomsgroepe word in die NTS-span opgeneem wat die provinsie by die SA Skoletoernooi verteenwoordig.
2013 Veertien Affie-spelers van verskeie ouderdomsgroepe word in die NTS-span opgeneem wat die provinsie by die SA Skoletoernooi verteenwoordig.
2014 Vier seuns neem deel aan die SA Senior Kampioenskap te Durban
2015 Sestien Affie-spelers van verskeie ouderdomsgroepe word in die NTS-span opgeneem wat die provinsie by die SA Skoletoernooi verteenwoordig.

Navrae
Ferdinand Postma: ferdinand.postma@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure)

untitled-172

PERSONEEL

Mnr C.C. Fouché

Onderwyser
Vakke: Lewensoriëntering & Geskiedenis
Sport: Waterpolo, Rugby & Jukskei

Mnr F. Postma

Onderwyser
Vakke: Lewensoriëntering & Engels
Sport: Waterpolo, Swem & Rugby

Mnr P. van Emmenis

Onderwyser
Vakke: Visuele kunste
Sport: Waterpolo & Rugby
TERUG NA BO