Atletiek
Affies se atletiek beleef die afgelope sewe jaar `n bloeitydperk. Dit word toegeskryf aan massadeelname en `n passie vir die sport gekombineer deur `n spanpoging van die kinders ,onderwysers en entoesiastiese ouers.
In die eerste kwartaal is daar nege byeenkomste. Drie van die byeenkomste is massa-byeenkomste , twee is aflosbyeenkomste , twee is prestige byeenkomste en die ander twee is Interhoėr byeenkomste vir die A- en die B-span. Vyf van die byeenkomste vind plaas op tartan.
In die derde kwartaal begin die atletiekseisoen met `n Affiespele (registerklasse neem teen mekaar deel in `n groot verskeidenheid items ). Uit die byeenkoms word `n span saamgestel om deel te neem aan vier vriendskaplike byeenkomste saam met die Engelse seunskole soos o.a. KES , PBHS , Jeppe , St. Stithians , St.Albans , St. Johns , Parktown en St.Benedicts. Die klem val hier op massadeelname. Die hoogtepunt van die derde kwartaal se atletiek is die Interhoėr vir A- en B spanne tussen die bogenoemde seunskole. Hierdie tradisie van die Engelse Interhoėr is al 52 jaar gevestig. Affies is die enigste Afrikaanse seunskool wat die voorreg het om deel te neem.
Die vierde kwartaal is net so bedrywig want dan is daar ses byeenkomste geskeduleer, o.a. die Grey- Kollege Prestige byeenkoms , Top 10 op Naboomspruit , Aflosbyeenkoms by Hoėrskool Kemptonpark , Lengen byeenkoms op Pietersburg , Top12 op Pilditch en die Top 15 op Potchefstroom.
Die idee van maksimum blootstelling aan die atlete het tot dusver gely tot die hoogtes van Affies se atletiek soos dit spreek uit die volgende prestasies:
· Beste rekord van alle skole in Pretoria en die Noord-Vaal gebied.
· Wenners van die NWU PUK Interskole reeks – A spanne (2005,2006,2007,2008,2009,2010 en 2011).
· Wenners van die NWU PUK 5 – reeks vir B-spanne ( 2009,2010,2011).
· Wenners van die Engelse Interhoėr ( 2006,2007 en 2010 ).
· Wenners van die Top 10 ( 2009 ) en naaswenners ( 2010 ).
· Wenners van die Top 12 ( 2009,2010 )
· Algehele wenners van die Hoėrskool Uitsig se aflosbyeenkoms ( 2008,2009 en 2010 ).
· Wenners van Prestige College se Top 10.
· Wenners van Prestige College se aflosbyeenkoms.
Prestasies van 2010:
· Jacques de Swardt (400m) en Werner Pretorius (110mH) verteenwoordig Suid-Afrika by die World Youth Games in Kanada
· Migael Cilliers verteenwoordig Suid-Afrika by die die World Junior Olympics
· Ses atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe en verower een goue en een
silwer medalje-
Armand Bam , SO/15 (VS ,100m) – goue medalje.-
Jandre Slabbert , SO/15 (DG ,GS) – silwer medalje-
Eckard de Goede , SO/15 (400m)-
Johan Kotze , SO/17 (SG)-
Gerhard de Beer , SO/17 (DG)-
Pieter Maritz , SO/17 (DG)
Prestasies van 2011
Die volgende atlete is gekies om Gauteng tydens die SA Skole Kampioenskappe in die Wes-Kaap
te verteenwoordig:
· Pieter Conradie , SO/17 (400m)
· Gerhard de Beer , SO/17 (GS en DG)
· Armand Bam , SO/17 (VS en 100m)
· Constant Pretorius , SO/17 (400mH)
· Migael Cilliers , SO/19 (PS)
· Bernard Pretorius , SO/19(400mH)
· Andries van der Merwe , SO/17 (110Mh)
Tydens die byeenkoms het Affies se atlete 2 goue medaljes en 3 silwer medaljes verower:
· Goud : Pieter Conradie en Constant Pretorius.
· Silwer : Migael Cilliers , Andries van der Merwe en Gerhard de Beer
Tydens die ASA se kampioenskappe word Affies in groot getalle verteenwoordig :
· Andries van der Merwe , SO/17 (110mH en 100m)
· Armand Bam , SO/17 (100m en VS)
· Pieter Conradie , SO/17 (200m en 400m)
· Fredriech Pretorius , SO17 (110mH en VS)
· Constant Pretorius , SO/17 (400mH).
· Gerhard de Beer , SO/17 (GS en DG)
· Johan Kotze , SO/17 (SG)
· Bernhard Pretorius , SO/19 (400mH)
Tydens die byeenkoms verower Affies se atlete 4 goue medaljes en 2 silwer medaljes:
· Goud : Pieter Conradie,Andries van der Merwe,Constant Pretorius en Migael Cilliers.
· Silwer : Gerhard de Beer en Armand Bam
Die SA Seniors Kampioenskappe sien twee Affies in aksie nl. Migael Cilliers en Bernardt Pretorius .
Migael het die kroon gespan op 'n uitstekende seisoen deur tydens die Afrika Jeugkampioenskappe in Gaberone gekroon te word as kampioen in die paalspring met sy persoonlike beste hoogte van 4,90m.
Die volgende vier atlete is deur ASA gekies om Suid-Afrika tydens die CAA Southern Region Youth Championships in Namibiė te verteenwoordig op 27-28 Mei:
· Pieter Conradie , 400m
· Andries van der Merwe , 110mH
· Constant Pretorius , 400mH
· Gerhard de Beer , DG
Al vier die atlete sal ook deel vorm van die span wat Suid-Afrika in Julie 2011 in LILLE (Frankryk) tydens die 7de IAAF Wźreld Jeug Kampioenskappe sal verteenwoordig. Op die foto verskyn (vlnr) Gerhard, Constant, Pieter en Andries.
