Avontuurklub
Die Affies-avontuurklub is in 2005 gestig o.l.v. Mnr Tekkies Barkhuizen. Die eerste
ekskursie wat avontuur najaag was `n "raft" ekspedisie op die
Oranjerivier vir vyf dae.
In 2006 was ‘n "Bungee"-sprong
by by die Victoria Watervalle in Zimbabwe aan die beurt: 111 meter vanaf die brug by die valle. In 2007 en 2008 stof die avontuurklub hul
stapstewels af en doen die Blyderivier en Strandloper staproetes. In 2009 het
die bosgees ons geroep na die see en het ons vir 3 dae geroei op die Weskus in
die Weskus Nasionale Park. Op soek na groter uitdagings is daar besluit om in
2010 die Oranjerivier te roei daar waar die grootste "rapids" skuil! Vir ses adrenalien-gelaaide dae stoei die
manne van die Affies-avontuurklub met die rivier. Die natuur word verken en
nuwe vriende word gemaak. In 2012 is staptoere weer aan die orde van die dag. In
April gaan die Affie Avontuurklub die berge aandurf by Blyderivierspoort. Later
in die jaar is die beroemde Strandloper staproete op die spyskaart.
Avontuur is lekker en goed vir die siel!
